I still love you.
I still need you.
I still want you.
but?
I still love you.
I still need you.
I still want you.
but?

Liefde is mos wat jy se jy het ,vir my, en jou oe bly stil as ek vra of jy dit dan bedoel. Maar jou mond bly praat en jou lippe so sag soos jy se dit is net vir my wat jy wil he. Maar woorde kort mos prentjies an jou prentjie-doek is leeg en jou oe se niks en ek wonder of jy weet jou woorde gaan ek net sommer so op een slag in die drein afspoel…
Dan sms jy my. 2uur in die nag. as net ek en jy nog wakker le en worstel oor die kleur van die reenboog wat missing is of die regte rede ooit sal uitkom
en of enige iets ooit sal sin maak.
Dan sms jy my. diep in die nag. en ons worstel saam oor die onsin van die dag. en die crap van daardie nag. en die lank vergete lag wat jou gesig lankal nie meer ken nie.
Dan sms jy my en ek verstaan nie en jy verstaan dit nie en saam verstaan ons niks, maar tog dink ons oor die liefde en die donker van die tye en die doel van al die bloed en die stemme van die see.
Dan sms jy my van al die kinders wat jy uitspoeg en verlore daar bly le, al die kommer wat jy nie voel nie, die warmte wat jy nooit geken het nie. jy bedoel niks ek bedoel elke woord. en ek is onstel en jy maak my seer.
Dan sms jy my en jy se te min.altyd te min. en ek se teveel. altyd teveel.
maar dan sms jy my
en ek reply.
Unhappyness
go back inside
go back to the place I ordered you to hide
Unhappyness
There is no time for you
there is no ear to listen
no one to care out here.
Unhappyness
You have to disappear
wont be long now
the ending for both of us is near.
Questions
unanswered
until
death do us apart.
They encourage you to dream
but they take away your sleep.
They tell you your unique
but they call you by a number.
They put you in a box
and close the windows of your mind
they make you blind.
They tell you to ask
yet they teach you to obey.
They grade you by opinion
but yours is not important.
They steal creativity
they steal your art.
They stole me.
As ek honger is en jou visvingers kom eet
en dan se jy niks want jy weet ek hou daarvan
dan wil jy vry en al wat ek wil doen is slaap
en dan klou jy my vas
en jy hou my stuif vas en ek voel veilig
en ek le op jou skouer
en somtyds huil ek want life is a bitch
en dan wag jy dat ek klaar maak en dan se jy als
gaan ok wees liefie en dan is dit want jy se so
en dan maak jy tee
en jy se jy is lief vir my.
As ek lelik is en jy se ek lyk mooi
as ek dik lyk en jy se ek is hot
as ek dronk is en jy dans met my
dis lekker.
Jy is lief vir my
jy ken my baie goed, die beste
en jy weet wanneer dit tyd is om visvingers te eet.
Jy is die my persoon die een wat ek sal hou
vir altyd
die een wat ek gaan hou
Jy is lief vir my engel
en ek is baie lief vir jou.
Vir my is jy soos reen
druppels lankal klein, vol stof
Vir my is jy soos koffie
bittersoet al is dit sleg
Vir my is jy soos water
noodsaaklik en die reen
Vir my is jy soos slaap
jy sit in die oog en wag vir nog.
Vir my is jy ‘n slang
sonder sy pik maar met al die kwaad.
Jy is vir my soos reen
jy kom en dan
is als weer jy.
It’s a cruel wind
it eats you alive
and spits you out
leaves you in your room to cry
love?
it’s pain never ending
it makes you bleed
it’s a slap in the face
a cold dark place
love?
it’s what lovers do
fools
pretending a lifetime
while wasting away.
love?
flirting and hurting
it’s the name of the game
the rules non excisting
sorrow the only reward
love?
it comes at night
it makes you believe
false hope evil smile
it mocks till you bleed
love?
grips your heart
tightly
blue in the face
you struggle to catch your breath.
love?
it’s a deep dark pit
sucking you in
breathless and screaming
there is no escape.
love?
it’s a lie
it’s all lies.
love?
it’s just a word.
want soos die klopjag song
mis ek jou.
As dit reen en ek sit hier aleen.
ns: Sien jou more liefie! Jy is my smile, die mooi ene, jy beter hom saam bring.
lief vir jou!
Braai ons in die reen
en slaap ons in die dag
le en vrot op die lieflike dag
le en dink, wat moet ons volgende verwag?
Eet ons 3uur elke oggend
en drink ons heelpad saam
dans ons amper nooit nie
en kort die foto nog ‘n raam?
Soen ons kort kort lekker
en slaan jy my alweer
speel-speel op my arm
maak my effens seer.
Smile ek nou vir jou
en mis ek jou so bietjie
maar ek swot en jy moet ook
en sien ek jou vanaand?
Weet jy wat ek weet
of het jy dan vergeet…?
Dota jy heeldag
en ek spring clean
en al die ander dinge terwyl ek rustig wag.
Want ons ry tot ons verdwaal
tot die tyd ons weer kom haal
en ons sing saam
en ons lag
en jy fluister ietsie in my oor
jy se dit wat ek nou wil hoor
weet jy wat ek weet?
of het jy dan vergeet…?
Ek draf na jou toe engel
en ek draf weer trug
en dan is nog ‘n super lekker daggie
agter die rug.
ons twee is saam, saam
die vyfde volla al verby
en ek moet jou nog vir twee van hulle trug kry!
Brood-blik -karre tel ook en
10 uno’s
en ek dink ons trek by 4
weet jy wat ek weet?
of het jy dan vergeet…?
…vandag is sondag
en ek wag.
se my hoe jy voel?
eers is dit moeilik om te weet wat hy bedoel.
Hoe voel jy? Wat voel jy? Hoe voel jy oor my?
waar sal ek gevoelings se pas woorde kry?
Ek voel soos ‘n meisie, blosend, voor haar broer
omdat sy heeldag aldag op die foon met hom koer
Ek voel soos ‘n girlie wat giggel van plesier
en saggies praat oor stoutwees op ons twee se manier!
Ek voel so gerus
om te weet jy is daar
en ek my aleenwees stuk- stuk kan laat vaar.
Ek voel so onseker
skeep ek jou dan weer af?
weet jy dan nie wat ek vir jou voel nie
dat ek alles bedoel nie?
Ek voel doodgelukkig
happy soos min
die beste tye gebeur saam met jou
Ek voel herhalend
as ek heeldag net dink aan jou
jou jou jou
aan my liefde vir jou!
Ek voel soos ‘n gedig
geskryf net vir jou
klou sal ek klou
ek sal vasklou aan jou.
PS: Ek is lief vir jou, baie jammer oor alles. Ek dink aan jou elke oomblik. soensoen
When pain is clear as air
breathing it is hard
failing is so easy
failure is her body
a body of lies
Everyone looks at her
they all see
but who will say it to her
face?
stop all the talking to the walls
no one hears the distant calls
her prayers are weak
to grey to loudly speak
of God and Love and Hope
Someone safe her from the roofless stare
it is too much for her to bear.
hierdie jaar is die persente min
maar dis krismis ook vir ons gesin
lekker kos
en kuier saam
dis prettigheid so sonder blaam
die jaar is verby
die goed en al die sleg
en op kersdag maak ons weer alles reg.
My Vader U is ook genooi
kom geniet die dag
more is eers more en dan sal die lewe weer begin.
ps: geseende kersfees almal! Mag God julle optel en dra deur die moeilike tye en ophelder na beter dae.
dis ‘n somer kerfsees hier in ons ou land Suid-Afrika!
droom in kleur!
This is it the year to bend or brake?
the year to bloom again
or crawl and die?
It really will decide my fate
my temper and my dying rate.
Choices must be made today!
before it is too late
Fok hou net op.
Die lug proe gif
jou oe gil op my
asb hou op
ek kan tog nie regkom
as jou woorde my buig en breek nie.
jou hulp is krummels in die stof
waarop ek gly
ek sal weer lewe
maar by jou drome vir my
hou ek verby.
hoekom gaan die tyd so vinnig verby
as ek jou in my arms vashou?
hoekom vlieg die tyd verby
as jy kuier in die burg, by my?
hoekom gaan die tyd nou so stadig verby
as jy wag (en ek ook) op die nuus wat als kan verander
hoekom moet ek so lank wag om te weet
of ek legal gaan wees?
Hoekom stel ek die lewe uit
om myself net more te verwyt?
there is nothing you could ever do to make me love you less
there is nothing you could ever do to make me love you less
there is nothing you could ever do
nothing.
Bless You my Lord.
It’s quiet now
and sad.
All is gone now
the used to be’s
and the used to love’s…
All lies still
the list
of never done’s
lies lifeless on the table
It is quiet now
and I still miss
you.
ek kyk met bewondering na jou
hier voor my en dan wonder ek
en sug as jy so na my kyk.
Wat is dit my vriend?
is dit laat ek dit verdien
want elke keer kom jy trug en dan maak jy so seer
en ek so onnosel om weer
en nog net een keer te probeer maar ek besef dis verniet
ek weet dis verby
want dit help nie om te soek
na die hart van ‘n klip…
The search is long and hard
the people along the way…
some are cheering
some are screaming
and now?
I found you
you stood out from the crowd
i noticed you
i would have anywhere…
the search is long and hard
to find the better guy…
weet jy dan nie dat ek enige iets vir jou sal doen nie?
Ek bly nog altyd joune.
en jy
jy wens jy kon myne wees…
my kop is vol my kop is leeg
my hart is leeg. vrek.
my glasie is ook leeg
my voete is vol van die verkeerde paaie
hulle jeuk. en val. en kielie as hul so op die glas stukke dans.
my lewe ‘n glas skerf.
krom.skeef.verward.
soos my kop.
soos my lee koppie hart.
die koffie is klaar..
en jy is nou weg.
nooit sal jy weet
wat ek van jou moes droom nie.
Om vas te klou
my kussing kneus
want jy was net te koud.
Nooit sal ek vergeet die
verskrikte wakker oe
van nog ‘n slegte droom oor jou.
Nooit sal ek vir jou kan se
alles is ok.
Jy kom net in my drome
en dan is jy ook net te ver vir my.
jy dink dis okay
die ek en die jy
die dinge wat gebeur
die dinge wat jy my leer.
as als dan okay is
die ek en die jy
waarom die trane
waarom die amper verby
jy dink jys okay
jy dink eks okay
ek dink jys okay’
ek is nie okay nie
en daarom sal ek nooit kan se dis verby nie.
Ek het nie geweet die winter blare versier die aarde nie ek het nie die kombers oranje laat kraak onder my voete nie nie die keer nie.
Die koel koue lug, vars en diep in die neus, het ek mis geruik
ekt vergeet om die skoon koue winter te ruik.
en nou? as ek af moet kyk.
Waar is die lewe dan
wat het van al die winter drome geword?
ek weet nie ek was nie daar nie
want ek neuk rond
ver bo op my donnerse wolk.
It’s hard knowing what is right
and doing what is wrong
It’s hard to smile to strangers
when you cant smile when you are alone
It’s hard to tell the truth
when you are lying to yourself
It’s hard to be with him
when I no longer exist
I choose to come back
Ichoose to live free
I choose me!
volla,volkswagen beatle,punch bakkie
so baie name
so baie kleure
party oud en opgery
ander blink en nuut
kyk, daai een het ‘n cd-player en rims gekry.
die eienaars net so eienaardig
hul kar is hul persoonlikheid
hul karre het persoonlikheid
volla, hier kom hy om die draai
Sonbrille en ‘n hoed
kom met al sy krag en moed
die volla in Pretoria
die een wat oppad is na my toe.
hello jy
jy moet lekker verjaar
nog ‘n jaar is verby
nog ‘n vriend is vermy
nog ‘n drankie om te skink
nog ‘n glasie om te drink
nog ‘n girlkie aan jou sy
nog ‘n versoeking wat jy nie kan vermy
nog ‘n hart om te breek
nog ‘n preek verniet gepreek
nog mense
nog dinge
en nou wil ek net se my vriend
geluk.
My hart behoort aan jou my lief
my hart is nou te ver
jy beter gou-gou terug kom
want ek mis jou nou teveel.
My hart behoort aan jou my lief
en joune hier by my.
Ek pas hom mooi op belowe
jy sal hom heel terug kry.
My hart behoort aan jou my lief
moet tog nie laat iemand hom steel nie
joune sluit ek elke aand toe
want ek wil hom met niemand deel nie!!!
engel, mis jou vrek baie. Gaan nou koffie drink in jou beker. ( ek het hom toe gered uit die asblik, hehe) Lief vir jou! es
Dis net jy wat my sien huil dis net jy wat my laat lag dis jy wat my laat worry elke fokken dag .Jy maak my seer as jy so stil is en ek wag vir ‘n antwoord ,vir ‘n rede .Vir ‘n rede om te wag. Ek is moeg om te raai want ek raai verkeerd en jy verstaan nie, dat die duister die ding is wat my opvreet een dag op ‘n slag. Die duister, donker, alleen maak my bang en jy kruip weg iewers daar binne en eks bang ,want ek soek jou en ek roep ,maar jy en die lig is ver te ver en ek bly bang.
As jy geweet het engel
sou jy my gese het?
of sal jy stilbly en kyk, stil, aanhou kyk
vir my met al my foute
die ou gewone seer en die nuwes
wat laag op laag
pak op my?
sou jy kon raai?
As ek wegraak sal jy kon
weet waar ek is
waar ek verdwaal en hoe
om my terug te lok na jou
en die ewige woorde
sou ek kon vashou, vasklou
of sal jou arms my laat glip
moed opgee en los?
Sal jy kan weet ek het jou lief
al is my hart op ‘n ander plek.
Her her her. Dit is die aakligste woorde wat oor ‘n student se tong kan rol! Die bekende screen op click-up wat ek tog so goed k en en nou (weereens) moes ontdek; SUBMITTED FOR AUXILARRY EXAM! Aijaijai. En nou in plaas van 40 kort ek 50. n Hele week van ‘n welverdiende breuk gaan ek spandeer aan die bekende (top 10 gedruipde vakke op TUKS) BioCHEMIE. Nog van pa se geld in die drein, nog ‘n kneusplek op die brein) ai tog.
Nou sal ek maar begin swot…
It’s just this big old house
with you not in the driveway.
It’s the plans we made but never done
the laughs that is now long gone.
It’s that you never call me anymore
and I wonder how you,ve been.
The need to know’s
the want to shares
the please relax and have a drink.
I can’t forget the you and me
I need to not to try
My house is empty
my driveway too
and today I remembered you.
Ek het die week gaan kuier by my kerel. Hulle bly in die krummeltjie-stukkie-dorpie met die naam Kameel. Dit is baie klein met nie veel meer as nodig nie. (Drankwinkel, skool(kie), die Shop, en wel ja) Dit is heerlik daar!
Ek en my engel loop toe die woensdag op die plaas en gaan kuier var die skape. Dis toe dat ek die lammetjie sien wat so eensaam teen die draad le en nie kermend agter sy mamma-skaap aanhol (soos die res van die wit-bondel-cute-fluff-lammetjies) nie.
En ek, met my sagte harkie, kan dit nie daar laat nie.
Ons het toe die middag weer ‘n draai gaan maak en die lammetjie (wat ek intussen Katryn-skapie gedoop het) le toe nogsteeds net daar langs die draad. En my harkie-al klaar vol skapies-breek net daar! Dis toe laat ek weer opdaag met ‘n tietiebottel louwarm-pronutro-melkies en smeek Katryn om ‘n slukkie te vat. Nee, se my kerel se pa dis te koud die ding gaan nie drink nie. Die ding! Die ding! En ek se vir my engel, SY SAL drink!
So loop ons toe terug huistoe met katryn in my arms, ons gaan heater toe, die skaap kry koud.
Ek het my woensdagaandjie dan nou voor die heater spandeer met Katryn in my arms, en later het ons haar melkies gevoer met ‘n inspuiting. My harkie was nog meer skaap. En engel se ma lag net en sy se vir my; Jong, jy beter nie huil as die skaap vrek nie! (ek sallie tannie, se ekke)
Die volgende oggend lewe Katryn. En sy Me(eee) ons almal wakker. En ek sit weer voor die heater. En katryn wil nie drink nie. En katryn wil nie regop sit nie. En katryn Me nie meer nie.
Ai, katryn. Ai my lam.
Katryn skapie vrek toe 3uur die middag en engel se ma vra my; Jong, huil jy?
En ekke se, Nee tannie, daar’s iets inmy oog.
Jy is my iemand mens
die een wat ek hou in my lewe se spens
‘n nimmer einde glimlagte
‘n botteljie of twee geluk
en ‘n sak vol liefde wat ek stuk stuk opgebruik.
Jy is my iemand mens
die pit in my perske bloos verliefdheid
mt iemand
die ene wat ek nooit wil verloor nie.
Ten duurste het ek jou aangekoop
vandag is jy nog meer werd
my iemand
my liefie
ek het jou lief.
I know that life is hard for you
baby, I get that but
you are not the only one
who suffers
we are tired we are weak
we know of what you speak
we do
so leave the room or stay and cope
give yourself some hope
Its not my job
although I care
I will stay and I will bare
I know that life is hard for you
but
baby, I have to go now.
Die gras sal altyd groei
stofpad, langpad, grondpad.
Ons pad.
Die gras sal weer groei oor die kolle dowwe pad
die paaie van my en van jou
die memories
my hart s epad na jou
harde pad, lekker pad
en toe die kruispad.
Twee paaie ,twee mense
geen ander manier.
Jy die kortpad,
ekke die verdwaal pad
maar die gras groei ook daar
en jy
jou paadjie sal jou eendag weer bring
tot hier by my.
die
Ek is nie ‘n kind nie
ek weet mos wat ek weet
ek is nie jou slaaf nie
of het jy dit vergeet?
Ek hou van jou en als maar jou asem stink vandag
jou parfuum is gif
en ek het snif- in die neus gekry
‘n vraag?
Is jy wie jy is?
Antwoord as jy kans het
en weet jy gaan vergeet.
Maart hou op na my staar nou
ek weet mos wat ek weet.
My moer vrou
ek dink ek hou van jou.
Sitting in this room of mine
i stare at pictures I stare at lies
I wonder what it felt like
you, telling lies to my face
giving me a warm embrace.
After you, cheated on me
several times
and now?
I want you to admit it
my friend we are still frends?
Be true for once
be fare
tell me , I want to hear!
Tell me what is going on
while I bleed on my bloody teddie bear.
Ek kan nie langer keer nie
ek kan nie langer wag
ek kan nie sit en wonder of is dit dalk vandag?
Jy’s om die draai van my ek weet
en nader aan my hart
maar jou lippe sag en soet
is net te ver.
Ek kannie langer keer nie
dis moeilik om te beheer
dis moeilik om elke dag my drange te beheer.
Waar is jy vannannd?
warr was jy gisteraand
ek het jou gebel
maar tog….was dit beset-
en ek reeds veilig in sy bed.
Die naweek in Dullstroom
ek en my jy.
Visvang in bikini en
bikini in die reen
en jy wat sit en sulk in die kamer alleen
Die naweek in Dullstroom
ek en my jy
ons eet en ons lag en ons drink
Rose heelaand lank
en die tv is stukkend ons maak ons eie klanke
van liefde en soene en lag
note van vryheid van jonkwees en drank.
Jy lag en jy se ek is jou hand se bout
en my hand- het klaar ‘n bout. Ha!
Die naweek in Dullstroom net een ding oor om te se
my engel- nogsteeds ek en jy!
soen soen.
Ek is lief vir jou engel dankie vir ons eerste jaar saam
en ek kan nie wag vir on naweek in Dullstroom nie. net ek en jy.
Hou nou op
jy mors met my kop.
Ek het jou al lankal uit my hart uit geskop
en terug geklim in my “normale middelklas” dop.
Nou prik jy my
jy steek ‘n gaatjie
in die dop wat krummel
en skim en kraak van binne
Dis seer die pyn van jou woorde
en stilte
en memories van toe
Dis seer want die dop wat verdwyn
ontbloot die niks binne my
waar my hart was
en jy was.
Die illusie dat jy weg is
is net ‘n leuen
en nou prik jy my
en jy steek nog ‘n gat
in my hart.
en dis seer.
Daar is sekere dinge in die lewe wat reg is. En goeters wat verkeerd is. Dit word ingeskreeu, ingeboor en ingelyf terwyl ons nog stupid is. Mylpale word gestel. Jou lewe word vir jou volledig beplan. As jy oud genoeg is gaan jy skooltoe. Jy doen goed. Jy speel rugby. Jy word leerlingraad. Jy gaan saam die hot (ordentlike) meisie matriekafskeid toe. Dan gaan jy swot of jy tree direk in pa se besigheid in. Jy trou voor 25. Kleinkind word bestel voor 30. En dan is jy ‘n mens. En dan is jy suksesvol.En gelukkig.Geluk my seun. Want dit gaan mos so saam-saam volgens almal. En dan dwing jy dieselfde meaningless reels op jou kinders af- nie omdat dit werk nie maar vir die eenvoudige rede dat jy nie van beter weet nie.
Daar is baie wat ek nog moet leer maar as daar 3 goed is wat ek weet is dit net dit.
Die ou langs jou in die tou is net so (of meer) verlore as jy.
Die bondel vry nie so lekker soos jy nie.
‘n Man met ‘n kans gaan dit opmors en ‘n tweede een vra.
Ek hou nie van beenhare nie want dit steek my as ek slaap. creepy crawlies is freaky en werk nooit. Elke 2 de smile wat jy kry is fake. As ek jou gedagtes kon lees sou ek boeke kon skryf. As jy my gedagtes kon lees sou jy al lankal verdrink het. Ek verkies eerlikheid behalwe as my boude vet lyk. Ek verkies om vir jou te lieg want anders breek jy weer my hart en niemand het so baie harte. As ek kon vlieg sou ek met die sterre gaan praat en op ‘n wolk slaap vannand. Ek weet nie of die liefde ‘n evil conspirasie is nie maar ek het vir jou geval eenkeer en gedink dit bestaan tog. Ek verstaan nie moord nie dis sonde en hoekom iemand doodmaak die lewe is swaar genoeg, tensy hy jou vrou gesteel het. Geld is overrated en boring en dit maak seer. Mense is weird. Tieners is ape. Oumense is cute soos baba bosten terriers en meerkatjies. Daar bestaan so dorp soos kameel. En die lewe is kort….so droom in kleur!
I once new this man
a timid little beast
His world so tall and free
his eyes for all to see.
one day the timid man
felt a ruffle inside of him
something grew from the heart and mind
something of an awfull kind.
A beast that wants to hide no longer
a beast is growing
and the ruffling becoming stronger.
one day
it was quite dark and milky
The sky became so black and silky
the man was sitting in the breeze
feeling strongly out of eeze.
He gave one giant, roaring roar
rattling people to the core
they fled
and hurried
away away
it was a sad and scary day.
The timid little man, the beast
was enjoying his human fleshy feast.
And nowhere near the people ever came
to the timid man
with the beasty name.
It was a long time ago
that I myself have spoken his name
I loved the little timid man
the man, my lover I once claimed.
the timid man became you.
dis die oproep wat jy nie verwag nie, die een van daardie droom wat so dikwels so vanpas weer in ‘n nagmerrie ontaard. En dan antwoord ek en glimlag want dis jy. Dis jy. en ek. Dit was fun jy weet en ons het gedrink en ons het gesoen en ons het gekyk en gevoel aan die reen wat so terg, wat die aand so donners nat en besonders maak. As die maan te helder skyn dan vat jy nog ‘n sluk en vergeet. Die southern comfort maak dit cozy en gemaklik op die bank en jy weet net hoe om die dak te laat dans soos die vele druppels teen die ruit en die sagte sweet wat loop langs jou ligte wang sproete. Jou contacts maak my oe blouer voel en jonk soos ons maar is, want jy weet nie regtig iets nie, jy weet nie van die verlede nie, nie eers van gisteraand nie en ek weet jy sal nie vra nie. Miskien is dit tog goed. Jy stuur alles moer toe met net ‘n kyk en dan moet ek weer huistoe gaan terug na die verlangebaan. Dan moet ek weer maak asof ek nie regtig voel nie en weer onthou dat jy nooit regtig enige iets goeds kan bedoel nie. Jy bly ‘n donner, jy.
Jy is ’n donner.Ek is die een wat altyd antwoord en berou. Want weereens is al wat ek kry ‘n sms en ‘n skame “ek bekommer my oor jou”.
I am a dreamer
that’s what I like to do
and lately I have been dreaming mostly of you.
I am hopeful
grateful and bare
Most of me I have already shared
I am numb
my feelings to rough
undefined and weakened
by the doubts
I am quite boring
quiet and nice
I am a gamble, only some role the dice.
I am what you need
but not what you want
the perfect relieve but not to grow
into tree from the seed.
I am a catch
You dare not to catch
and I myself will never again dare to throw.
Gif is dikker as bloed soos dit stroom binne my.
Hy kom pikdonker skemer kelkie en spoeg woorde in my glasie.
Hy suip. Hy vergaan. Maar bly heelaand hier staan.
Hy vat wat hy soek, hy los net sy gifspore on die stof.
En sy. Sy is net asem.
Ek het ‘n geheim of 2 of 3
nie dat hulle weet nie, tog fluister hul so onderlangs
hush hush sy is oppad
Raaisels is jou oe alweer
jou woorde net wat ek wil hoor
maar die oe kyk af en weg
na haar. En jou laaste sigaret.
Ek het ‘n obsessie of 2 of 3
nie vir alles nie, nie vir almal nie
net vir die goeters wat ek naby jou vind
goed soos donker sjokelade en yskoue wind
dinge soos dit. en jy.
vergeet?
vervang? dit werk nie want
die goeters soos die wind
bring jou altyd terug na my
en jy weet dit.
Jy is die raaisel in my oe
die fluister in my asem
die ding wat my terug hou
my obsessie en my ondergaan
my hart le daar by jou.
en daarvoor verwyt ek jou.
Vergeet van onreg en die woede
vergeet die grudges
vergeet dit. Jou lys is te lank.
Die lewe is te kort.
Vergeet van al die amper goed
en al die amper sleg.
Vergeet van oor begin
en dan in dieselfde seat te gaan sit.
Vergeet die gebed wat jy elke keer weer oor bid.
Vergeet van die trane
die vele trane reeds gestort.
Die woorde so kras op jou tong
vergeet van jammer se en los jou stront.
Vergeet van jou shallow begeertes
vergeet van haar perfekteid
en vervolmaak jou eie self.
Vergeet jouself
en vergeet van hom.
Vergeet om more te onthou
dat jy vir altyd net ‘n klein bietjie van hom sal hou.
I am but a wink
als verdwyn in ‘n oog.traan.afvee.
Ek is slegs ‘n asempie
and then.nothing.
I have come this far and still
I have not yet reached. the end.
Die lewe is ‘n donner
die lewe is besonders as almal
so besig is met leef.
Live is gifts.lag.kisses.son.skyn.
Hou dit styfvas en vir my
keep it safe and keep it moving
hou die goeie, onthou die sleg
grow a tree and set.free.
Gooi ‘n klippie in die see
and then look
and live
and love
en dan sal jy ook lewe
en dan sal jy ook lewe
net dan.lewe.jy.ook.
ek weet nou hoekom teelepels wegloop
hulle is ‘n ander ras en jare lank word hul al onderdruk.
ek weet nou hoekom blaarslaai jou vol maak
en hoekom ‘n appel my honger maak.
ek weet watter kleur handeseep was die skoonste
watse waspoeier wit kolle los.
ek weet van huil sonder om rooi oe te he
ek weet van lag sonder om te stop.
ek weet nou wat om by ‘n verkeerssirkel te doen en wanneer ek mag ry.
ek weet hoe om my eie voete te versorg
ek weet watter blond pas my die beste
en ek weet dat die eertse keuse altyd die beste is of andersins die eenmet die minste nagevolge.
ek weet dat mense niks verdien nie
en niks verniet weggee nie.
ek ken die proses van 2010 sokkerkaartjies koop
en weet dat huisgenootskouspel weereens uitverkoop is.
ek ken pta.
ek ken myself amper goedgenoeg om te weet wat om nog uitevind.
ek weet daar is geen ander wil as God se wil nie
al weet jy nog nie wat dit is nie.
ek weet nou hoe om skuinskoek te maak
ek weet hoe om ‘n knoop te werk
ek weet hoe lyk ‘n rekenaar binne
ek weet om te luister en te leer
ek weet dit kannie seermaak om te vra nie
en dat nee nie sooo erg is om te se nie. (ook nie te hoor nie)
ek weet dat engelse mense nie langarm nie
en dat rum se reuk my naar maak.
ek weet dat rugby ouens buffels is
en dat 5-dag krieket moer exciting kan wees.
ek weet nou dat toustaan in Suid-Afrika ‘n given is
en dat dit vinniger gaan as jy daai feit aanvaar.
ek weet nou hoekom die staat die buitelandse sake
regs langs die taxi rank sit!
ek weet hoeveel kos ‘n paspoort
en die prys van vryheid is R190
(vir teelepels net R20)
ek weet genoeg om my gerus te stel dat ek nog soveel het om te sien
en dan kan ek weer lag en se, O…..EK SIEN!
Pain is not a word.
Pain is not a feeling.
Pain is an emotion.
Yes, like laughter and hurt.
It takes over you
it feeds.
On whom ever it meets,
the ones to weak
or distracted to care.
The stupid one’s who can still feel.
Pain is an emotion
an all consuming beast,
if you don’t lock your heart
it will come for you.
It’s here.
And it will not go away,
because you are my pain and I need you….
to stay.
Kom nou jy
met jou heels wat so klingel
soos jou bangels om sy nek
as jy so klouvas en hang aan die random
die donderdag random ou.
Kom nou jy met jou jazz inspired moodswings
met jou skinny en jou guchi
en jou crappy slip on pumps.
Laat waai meraai jy suck
ek soek suurstof met ‘n lyf.
Jou lippies is so mooi styf op sy mond
op die mond van jou random vrydag man.
Kom nou jy, se koebaai
en gaan pass uit op jou eie bed
my roommate is g’n girl se random
rebound ou.
Alice droom van (w)onderland
en ek het dit gesien
die land waar mens jou pille kou
en laghuil sonder ophou,
Nimmer koud en nimmer warm’
nimmer nimmer meer as dit
altyd tyd
tyd vir al die dinge en dan nog
Plek vir iemand plek vir niemand
gan jy nie daai wortel pluk nie?
Alice alice wie is jy?
Waar kom jy vandaan?
Alice in haar wonderland
alice dis ‘n droom.
Ek het dit gesien
die land
die plek van langtand sokkie
en rol en rook en roep
nimmer einde, nooit begin
nimmer nimmer meer as dit.
Alice, alice kind- die ander ene.
Wat het van jou geword, kind?
Jy was lanklaas in die geweste.
Ek onthou hoe jy altyd saam jou ma kom brood en melk koop het
jy was so skaam
so al agter haar rok in het jy opgekyk na my met daai potblou ogies.
Jou ma se blou-oog meisiekind.
Sy was so ‘n liewe mens, jou ma.
Jitte kind, dit was ‘n hartseer dag, die dag toe die engele haar kom haal.
Die hele dorp het stilgestaan.
Jou pa, ag shame.
Maar kind dis jammer jy kon nie hier wees vir haar begrafnis nie,
maar dis mos maar vandag se kinders
julle werk hou jul so besig
wat is dit nou weer wat jy doen, hartjie?
O ja dis reg, kroeg dame.
Hoe lank is jy in die dorp, kind?
Weet jou pa al jy is hier?
Ag hy gaan so bly wees.
O ek sien, jy het net vinnig kom brood en melk koop
dan ry jy weer?
Haai harkie, dis bietjie moeilik om te sien agter
al die lae grimering
maar jou ogies is nog net so blou.
nes jou ma.
A wonderfull wind sweeps away all my luck
only to return it when the day is bright.
The cool calm whispers come at night
they come when the day is at a break
at dawn and also
now, twilight.
Seldom times are so bad down here
but seldom they are best.
Its all so funny how the young girls play
and the boy swoops in and saves the day.
you are a rare beast
you are a rare jewel and you can always
It is a seldom rare occoasion when
two paths like ours collide
and turn towards the One.
Hier is ek weer in ward 9.2
Internal medicine.
Ek is hier om te kom kyk na pasiente met Vigs.
RVD. dis die mooi woord wat dokters gebruik.
Die vrou is vet. Ongemaklik. kaal.
dra ‘n doek soos ‘n baba.
Sy kerm soos ‘n baba.
hulpeloos voor haar magtelose stryd.
Omring deur miljoene soos sy.
Sy is naar. Ek moet loop. en koes.
Die ander een is maar. Baie maar.
Sy le opgekrul, soos ‘n baba.
Kaposi oor haar hele lyf.
Pers letsels van die siekte wat haar vreet.
Pers letsels in haar mond.
Sy kan nie glimlag nie.
Sy kan nie eet nie.
Sy kan nie lag nie.
Sy wag…vir haar engel of die dood.
Dis tyd dat ek moet gaan.
Was my hande. 2keer met seep.
Net voor ek uit is loer ek na links
daar le die tannie.
Die geel tannie.
En ek smile.
Daai blou oog chick op facebook maak my naar
Sy kyk vir jou
sy hou jou dop
Die blou oog krul haar chick
Syhou jou dop en
sy soek jou
lyf.
Sy maak my de moer in as sy met jou praat
ek gaan haar poke
ek gaan haar super poke
want daai blou oog chick
mors met jou.
‘n lekker nommer om af te tick.
Ek dink ek sal dan nou maar net hier stop.
Never lies
Never quiet
Never to far to touch a heart
with one single jab
Revealing who you are
Revealing that which you are not
never shallow
never torn
making a whisper real
twikling in the night-blue sky
resting only once
beware your secrets
they have seen it
and the eye will tell.
They always do.
Shoot me
I dont care
just dont hurt me anywhere.
Leave this place and smell like fish
no-one cares if that’s your wish.
Pick a number from a card
win a milliion
go be grand
Just dont start an emo band.
Ride a taxi to sowetho
be a local
go be brave
just dont complain when I misbehave.
Strike strike strike like that will solve it
just dont strike where I can see it!
Get an education
feed a whole nation
learn to rap
write some crap
be a skinny freaken bitch
but that wont give you perfect pitch.
Make a deal
sweep in under
leave town or
stay down.
Just do it and be quiet.
a cow is not cow enough
unless it gives milk.
a cat is measured by her paw skills
and purrrrr.
Becoming a bear is all in the hair.
A lion is lion when the roar doesnt bore.
Having a crunch
always makes a great lunch.
Bendiness means less break
that is required to not be fake.
Making a man
is how you hold a beer can
looking good in boxers
smiling while you sweat
making your own bed.
Carry her bags
hold the chair
be always fair
never look back
and man up.
all the way up.
I am cold dark and scared
too ashamed to be made aware of
the brighter bright just up ahead.
I am but a cough
spit out and stepped on by misery
my master.
I am air
polluted and stained by an everlasting cloud
no silver
no gold
nothing but a whisper
silent. cold. horror.
I am nothing but broken
and broke
Open sea
You and me.
no regrets.
Op die pad na Ottosdal
het jy my hart gesteel.
Daar waar die windpomp altyd pomp
en die wereld nat was.
Reg was vir ons twee.
Op die pad na Ottosdal
het ek myself in jou verloor
en jy
‘n deel van jou
net daar gelaat.
Op die pad na Ottosdal
ry my liefde saam
en glimlag.
Die pad sal nooit ophou nie
want die pad ken nou
vir my en vir jou.
Geseende kesfees aan almal, mag God julle hartlik seen en vashou deur die nuwe jaar wat voorle.
Mag julle al 2010 se sleg groet om plek te maak vir die nuwes.
Mag julle onthou wat die lewe lekker maak, sleg maak en die moeite werd maak.
Gelukkige nuwe jaar!
Extreme is like living and dying.
Living in an unseen
unknown
unexplored box of happenings.
Things happen.
It is a state of happy. and sad. and anger.
It is an emotion that is not understood.
even by you. Even by me. not by them.
Its an edge- of -a -knife life.
A slip. you are dead.
You are alive and you are a being.
Extreme is a tooth-pain-happy-time-and place space
Its never here and there
Extreme means not to know if you care
its is a bad-good mood.
Life live extreme.
then sleep soundly in your dreams
or so it seems.
Ja ek sit hier op jou skoot
en wonder oor die dood
Dit is stil en dit is klein
en die mense se dit proe soos wyn.
Rose
Soet en salig
tog eienaardig om te dink
Ek het jou lief gehad
op ‘n keer
toe ontdek ek jou geweer
en ek wonder oor die meganisme
van ‘n lewe vol ontoepaslike wense.
Drome
van genoeg wees
en drome van jou lyf
en mense wat wyn drink sonder om te snuif.
Jou kampstoel sit nie
en jou woorde praat nie
en ek is moeg
so ek kry vir jou later- by die kroeg.
Look at me look at me
I am growing up to be
me?!
komkommer en kaas
kom ek wys jou wie is baas
die mense sweer hul weet van beter
hul is deur YOU van hul saak verseker.
Drink die poeier
Drink die tee
Dit sal vir jou alles gee.
Tog, mens maar jy is mos so gesond
met jou vet gat
hy sleep op die grond!
Moet tog net nie luister na die een
wat vir jare lank swot
want o die mense weet mos wat
die evidence is daar- vierkantig op jou gat!
Het ‘n ruk terug al by my kerel se plaas gaan kuier. Hulle bly in die krummeltjie-stukkie-dorpie met die naam Kameel. Dit is baie klein met nie veel meer as nodig nie. (Drankwinkel, skool(kie), die Shop, en wel ja) Dit is heerlik daar!
Ek en my engel loop toe die woensdag op die plaas en gaan kuier vir die skape. Dis toe dat ek die lammetjie sien wat so eensaam teen die draad le en nie kermend agter sy mamma-skaap aanhol (soos die res van die wit-bondel-cute-fluff-lammetjies) nie. En ek, met my sagte harkie, kan dit nie daar laat nie.
Ons het toe die middag weer ‘n draai gaan maak en die lammetjie (wat ek intussen Katryn-skapie gedoop het) le toe nogsteeds net daar langs die draad. En my harkie-al klaar vol skapies-breek net daar! Dis toe laat ek weer opdaag met ‘n tietiebottel louwarm-pronutro-melkies en smeek Katryn om ‘n slukkie te vat. Nee, se my kerel se pa dis te koud die ding gaan nie drink nie. Die ding! Die ding! En ek se vir my engel, SY SAL drink!
So loop ons toe terug huistoe met katryn in my arms, ons gaan heater toe, die skaap kry koud.
Ek het my woensdagaandjie dan nou voor die heater spandeer met Katryn in my arms, en later het ons haar melkies gevoer met ‘n inspuiting. My harkie was nog meer skaap. En engel se ma lag net en sy se vir my;
“Jong, jy beter nie huil as die skaap vrek nie!” (ek sallie tannie, se ekke) Die volgende oggend lewe Katryn. En sy Me(eee) ons almal wakker. En ek sit weer voor die heater. En katryn wil nie drink nie. En katryn wil nie regop sit nie. En katryn Me nie meer nie.
Ai, katryn. Ai my lam. Katryn skapie vrek toe 3uur die middag en engel se ma vra my;
“Jong, huil jy?” En ekke se, Nee tannie, daar’s iets inmy oog.
Ek vou sy lewe soos ‘n storie boek oop
Sy dokterslêer lees swaar.
Jerimia J, vier jaar oud.
Gif gespuit en opgesnipper
om die monster in hom te verwyder.
Hy vertel vir my van Bennie Boekwurm
en sy gusteling ou Sarel
“tannie” se hy
“jy mag nie chippies eet nie dis sleg vir jou”
Ek se dankie J ek weet en ek is nie ‘n tannie nie.
Sy glimlag lag die kamer vol
sy woorde maak jou groot
hy kyk sy kyk en besluit
hy soek nou my potlood .
Jerimia J teken ‘n prentjie vir my
mooier sal jy nerens kan kry nie
hy raak sy raak
hy vat sy vat
en hy is ‘n reus vir my.
I love you babe
Met als wat ek het, jy moet dit weet
jy moet dit weet
want dit maak my naar
die gedagte dat ek jou op ‘n keer
so amper verloor het
Ek was simpel en klein
en dom en blind
want by jou het ek vrede gevind
My hart klop klop naby jou
my hart klop klop want ek is mal oor jou!
Ek mis jou as jy weg kyk
so bang ek mis ‘n oomblik, ‘n oomblik, ‘n leeftyd
Jy is in elke glimlag en elke dag
in elke dagdroom is jy my held
jy is die my skouer-le-rusplek, my soene en meer
engel ek is korny maar dis moeilik om te keer
ek love dit as jy ‘n song begin sing
as jy vir my kyk en ek weet nie wat jy dink nie
of as jy my roep, poepies
ek het jou lief en ek weet jy verjaar vrydag
ek wens ek kon die wereld vir jou gee
en meer, en als
Ek glimlag en huil as ek aan jou dink my engel
want more is ver
en jy is eers weer dan.