volwaardige mens

Daar is sekere dinge in die lewe wat reg is.  En goeters wat verkeerd is. Dit word ingeskreeu, ingeboor en ingelyf terwyl ons nog stupid is. Mylpale word gestel. Jou lewe word vir jou volledig beplan. As jy oud genoeg is gaan jy skooltoe. Jy doen goed. Jy speel rugby. Jy word leerlingraad. Jy gaan saam die hot (ordentlike) meisie matriekafskeid toe. Dan gaan jy swot of jy tree direk in pa se besigheid in. Jy trou voor 25. Kleinkind word bestel voor 30. En dan is jy ‘n mens. En dan is jy suksesvol.En gelukkig.Geluk my seun. Want dit gaan mos so saam-saam volgens almal. En dan dwing jy dieselfde meaningless reels op jou kinders af- nie omdat dit werk nie maar vir die eenvoudige rede dat jy nie van beter weet nie.

Daar is baie wat ek nog moet leer maar as daar 3 goed is wat ek weet is dit net dit. 

Die ou langs jou in die tou  is net so (of meer) verlore as jy.

Die bondel vry nie so lekker soos jy nie.

‘n Man met ‘n kans gaan dit opmors en ‘n tweede een vra.

Ek hou nie van beenhare nie want dit steek my as ek slaap. creepy crawlies is freaky en werk nooit. Elke 2 de smile wat jy kry is fake. As ek jou gedagtes kon lees sou ek boeke kon skryf. As jy my gedagtes kon lees sou jy al lankal verdrink het. Ek verkies eerlikheid behalwe as my boude vet lyk. Ek verkies om vir jou te lieg want anders breek jy weer my hart en niemand het so baie harte. As ek kon vlieg sou ek met die sterre gaan praat en op ‘n wolk slaap vannand. Ek weet nie of die liefde ‘n evil conspirasie is nie maar ek het vir jou geval eenkeer en gedink dit bestaan tog. Ek verstaan nie moord nie dis sonde en hoekom iemand doodmaak die lewe is swaar genoeg, tensy hy jou vrou gesteel het. Geld is overrated en boring en dit maak seer. Mense is weird. Tieners is ape. Oumense is cute soos baba bosten terriers en meerkatjies. Daar bestaan so dorp soos kameel. En die lewe is kort….so droom in kleur!

2 Responses to “volwaardige mens”

  1. Is maar min van ons wat op ons doodsdag sal kan sê ons was volwaardig mens😈

  2. Dankie vi Kameel, awsome plek en hoe weet n meerkat is cute?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: