jy weet.

Stinkhout bome stink tog nie en koring maak die brood en jy en ek, die ding sterf uit. Die mure wil weer kraak. Weer en weer jys in en uit, in en uit my hart. Nog altyd in my kop, die pes die pes van hoop.Eks bly ek ken jou maar jou gat jy is eintlik net ‘n freak. n Fool van tyd. Jy try dit fool te bang om groot te word. Jy weet jy het my lief maar steeds bly jy af kyk na die lewe en na my en na dinge wat neig om dieselfde te bly. Te bang is jy, jy vind dalk iets wat jou op hierdie beter plek laat bly. Jy wil my soen maar tog bly hou jy jou afstand,op ‘n afstand kyk jy neer op my.
Jy maak die dae stadiger verloop, jy laat die dae vergaan. Elke dag wat ek jou ken is, is nog ‘n dag se pad. Pad van stof en simpel wees en pad van skaduwee. As jy die beste ding wil wees moet jy ook soms die minste wees. Blootgestel soos reendruppels wat aarde kom bevog. Jou lippe vogtig soos die sneeu en berge van die vreemde stad.
Die stad wat ek en jy nie is nie, di eeen waar ons verdwaal. Jou tyd loop uit die die son al onder en ek iewers anders saam nog ‘n erger donner. Glimlagte kom met ‘n slag kom en kom al meer vandag. Jy is ‘n fool. En jy word gefool jy dink jy is ‘n God. Maar God kyk af en lag en huil . En jy bly diep en sug. Sugtend kyk ons af na jou en wag dat jy my bel. Tale is moeilik te verstaan en daarom sal dit gou vergaan. Soos strale sterre en vuurvliegies wat uitbrand so voel ek. Die sterre in my oe wat glinster tog verniet. Jy is alles jy is niks. Jy weet dit, jy verstaan.
Die ding is my vriend jy is ‘n fool. Van tyd. Jy is ‘n kind. Van gister. Jy is aantreklik. Soos ‘n pleister. Jy is magic. Jy is goud werd en jy weet dit. Jy is ‘n bliksem en ‘n bang pateet. Jy is awesome wou net he jy moet dit weet.

One Response to “jy weet.”

  1. Dis baie mooi. Wens net jt gese wie dit moet weet?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: