student specials: uit die perd se bek

En toe soen hy haar

Hy het kom kuier op die donderdag. Sy was so opgewonde, en trippel ongemaklik rond voor die koshuis se hek. Sy het haar nuwe stilletos aan, dit pas so mooi by die skinny jean. Haar blink blonde hare is woes agter toe gevat en die krulle waai los en vrolik in die ligte windjie rond.

Sy sien die rooi bakkie om die draai aangery kom, haar maag draai drie keer in die rondte en sy voel daai bekende glimlag wat net hy kan veroorsaak op haar gesig vorm. Hy  klim uit en gee vir haar ‘n druk, sy woorde is min, maar die druk se alles “Ek het jou gemis, jy lyk stunning.”

Hy wil nie se waarna toe hulle oppad is nie, en sy vra ook maar nie teveel uit nie. Sy is nuut in pretoria sal ook seker nie eers weet as hy haar se nie. Hy is ‘n tweede jaar en het haar belowe om haar al die plekke te gaan wys. Sy is ook maar te bly, die koshuis kan nogal eensaam raak so tussen die vreemde vriende en die ontgroening raak net teveel. Sy het nooit gedink sy sal koshuis toe gaan nie, maar haar ouers het gese sy moet dit probeer en nou geniet sy dit so baie…as die ontgroening net wil end kry.

Toe die kar stil raak, besef sy sy het alweer in haar gedagtes verdwaal. Hulle klim uit en sy sien waarheen hul oppad is. Harry’s Pancakes, sy onthou hy het haar vertel van die plek. “Eendag vat ek jou soontoe, eendag op ‘n reendag….” Hulle kon vir ure so sit en gesels, oor naweke, sy nog in matriek en hy eerste jaar. Sy het hom so baie vertel en hy het altyd verstaan. Vir ‘n langtyd was dit net hy wat verstaan het en dan was sy so hartseer om hom te groet en hy terug keer pretoria toe.

Sy is nogal honger, sy was teveel op haar senuwees om middagete te eet, en die koshuis hoender raak nou al een teveel. Hy staar vandag so diep na haar. Hy kyk reg deur haar, hoe doen hy dit ? Wonder sy soos sy na sy lippe staar.Hy vertel haar van die nuutste boek wat hy lees en die skindernuus uit ons tuisdorp. En ons ruil drome uit en ons skep ‘n paar nuwes saam. Dit is so lekker om hier te wees, dink sy.

Die pannekoek was heerlik, Harry kan maar! Hy se hulle is oppad na sy gunsteling plek in pretoria. Dit klink spesiaal en vir ‘n oomblik wonder sy hoeveel meisie al saam hom daar was. Dit is asemrowend mooi met die stad se liggies en die Santon toring doer ver. Hy kyk so diep na haar vannaand. Hy kyk reg deur haar! En sy wonder wat dit is wat hy so soek in haar oe. Sy moet amper terug wees by die koshuis, die curvue is agtuur en hulle het ‘n meeting vanaand. Hulle loop maar kar toe en vir ‘n oomblik wonder sy of sy maar sy hand in hare mag vat. Sy loop vinniger kar toe en besluit om later met haarself te stry oor hoekom sy dit nie kon doen nie. Maar sy weet hoekom, sy weet goed hoekom en sy wens sy kan dit vergeet. Sy weet dat haar hand hom nooit sal los nie. Sy gaan klou en klou en haarself in sy oe verloor. Nee, sy moet terug koshuis toe, nou dadelik.

Sy rooi bakkie hou stil voor die koshuis en hy kom maak vir haar die deur oop. By die koshuis hek staan hul twee, sy trippel ongemaklik rond en haar oe vang syne.

Hy kyk so diep na haar vannaand. Hy kyk reg deur haar. Sy woorde is min maar hy klou aan haar oe vas…en toe soen hy haar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: