Dunhill blues

dis die oproep wat jy nie verwag nie, die een van daardie droom wat so dikwels so vanpas weer in ‘n nagmerrie ontaard. En dan antwoord ek en glimlag want dis jy. Dis jy. en ek. Dit was fun jy weet en ons het gedrink en ons het gesoen en ons het gekyk en gevoel aan die reen wat so terg,  wat die aand so donners nat en besonders maak. As die maan te helder skyn dan vat jy nog ‘n sluk en vergeet. Die southern comfort maak dit cozy en gemaklik op die bank en jy weet net hoe om die dak te laat dans soos die vele druppels teen die ruit en die sagte sweet wat loop langs jou ligte wang sproete. Jou contacts maak my oe blouer voel en jonk soos ons maar is, want jy weet nie regtig iets nie, jy weet nie van die verlede nie, nie eers van gisteraand nie en ek weet jy sal nie vra nie. Miskien is dit tog goed. Jy stuur alles moer toe met net ‘n kyk en dan moet ek weer huistoe gaan terug na die verlangebaan. Dan moet ek weer maak asof ek nie regtig voel nie en weer onthou dat jy nooit regtig enige iets goeds kan bedoel nie. Jy bly ‘n donner, jy.

Jy is ‘n donner.Ek is die een wat altyd antwoord en berou. Want weereens is al wat ek kry ‘n sms en ‘n skame “ek bekommer my oor jou”.

2 Responses to “Dunhill blues”

  1. Party dorings kan jy nie uit jou voetsool trek nie. Dit moet self uitsweer. Eendag kyk jy en dan is die doring nie meer daar nie. Net ‘n litteken.

  2. hoeveel jaar nog? Hoelank nog voor hy uitval. Of gaan die doring wat reeds sweer my voet finaal laat afval. Net om my ‘n duisend tree verder van vrede te laat.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: