My blou- oog meisiekind.

Wat het van jou geword, kind?

Jy was lanklaas in die geweste.

Ek onthou hoe jy altyd saam jou ma kom brood en melk koop het

jy was so skaam

so al agter haar rok in het jy opgekyk na my met daai potblou ogies.

Jou ma se blou-oog meisiekind.

Sy was so ‘n liewe mens, jou ma.

Jitte kind, dit was ‘n hartseer dag, die dag toe die engele haar kom haal.

Die hele dorp het stilgestaan.

Jou pa, ag shame.

Maar kind dis jammer jy kon nie hier wees vir haar begrafnis nie,

maar dis mos maar vandag se kinders

julle werk hou jul so besig

wat is dit nou weer wat jy doen, hartjie?

O ja dis reg, kroeg dame.

Hoe lank is jy in die dorp, kind?

Weet jou pa al jy is hier?

Ag hy gaan so bly wees.

O ek sien, jy het net vinnig kom brood en melk koop

dan ry jy weer?

Haai harkie, dis bietjie moeilik om te sien agter

al die lae grimering

maar jou ogies is nog net so blou.

nes jou ma.

One Response to “My blou- oog meisiekind.”

  1. 😦 Grootword is ‘n ongelooflike morfologie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: