die geel tannie

Hier is ek weer in ward 9.2

Internal medicine.

Ek is hier om te kom kyk na pasiente met Vigs.

RVD. dis die mooi woord wat dokters gebruik.

Die vrou is vet. Ongemaklik. kaal.

dra ‘n doek soos ‘n baba.

Sy kerm soos ‘n baba.

hulpeloos voor haar magtelose stryd.

Omring deur miljoene soos sy.

Sy is naar. Ek moet loop. en koes.

Die ander een is maar. Baie maar.

Sy le opgekrul, soos ‘n baba.

Kaposi oor haar hele lyf.

Pers letsels van die siekte wat haar vreet.

Pers letsels in haar mond.

Sy kan nie glimlag nie.

Sy kan nie eet nie.

Sy kan nie lag nie.

Sy wag…vir haar engel of die dood.

Dis tyd dat ek moet gaan.

Was my hande. 2keer met seep.

Net voor ek uit is loer ek na links

daar le die tannie.

Die geel tannie.

En ek smile.

4 Responses to “die geel tannie”

  1. Baie mooi verwoord. Want ek kan die emosie voel, daaraan vashou, dog – sonder om dit n naam te gee. Words fail me at the moment .. for some reason. Maar dis puik weergegee.

  2. Wat het van die geel tannie geword?

  3. My vadertjie was die geel oom. Kanker van die pankreas.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: