o HERder

Her her her. Dit is die aakligste woorde wat oor ‘n student se tong kan rol! Die bekende screen op click-up wat ek tog so goed k en en nou (weereens) moes ontdek; SUBMITTED FOR AUXILARRY EXAM! Aijaijai. En nou in plaas van 40 kort ek 50. n Hele week van ‘n welverdiende breuk gaan ek spandeer aan die bekende (top 10 gedruipde vakke op TUKS) BioCHEMIE. Nog van pa se geld in die drein, nog ‘n kneusplek op die brein) ai tog.

Nou sal ek maar begin swot…

7 Responses to “o HERder”

  1. Ek HER-ken daardie woord .. ek is gekondisioneer om met groot oë en ‘n hol kol op my maag daarop te reageer .. en selfs nou ‘n dekade later (wat? ‘n dekade .. omw .. brown paperbag please someone!!) sou ek Pavlov trots gemaak het ..

    Waardeer die geleentheid .. die lewe self is soms minder genadig .. en gee soms minder gereeld tweede kanse.

    HERder .. wow wat n woordspeling. Hy is nogals ons HERder ne .. WIE in hierdie universe gee ons meer kanse as Hy? Dankie .. ek stap nie leëhand hier weg nie.

    Sterkte .. hoop en bid dit sal hierdie keer goed gaan.

    • semisoet Says:

      Ja die genade kom tog net van bo.
      Dankie elf vir die sterkte wense dit word waardeer. En ja die lewe gee net een kans so ek sal die her dan as ‘n bonus sien, ‘n rare verskynsel (alhoewel dit heel algemeen onder studente verskyn hehe) 🙂

  2. Hmmm… Elfie se sterstofspoor. Soos altyd. Halfsoet, in Ouding se geval is dit nader aan twee dekades later en Pavlov sal steeds trots wees… Ding hou van daardie kneusplek op die brein gedagte. Genadiglik is Ding se brein in die proses sodanig gekneus dat Ding vandag elkeen van sy herskrywes met glimlag en vonkel in die oog herdenk. En ja, dit is ‘n seen dat daar ‘n weer-probeer kan wees waarin manman kan herskep en herstel. Voorspoed!

  3. semisoet Says:

    EK is my her deur!!! Ai hoe lekker om by die huis te kom, my laptop aan te sit en dit te ontdek!

    ….(die Pa van die huis is ook BAIE bly…hehe)

  4. (((( E )))))

    Ek is baie bly vir jou part you go girl! Vervang nou die frons wat op jou voorkop gehuiwer het vir ‘n wyle met ‘n smile wat sommer reg in die rondte gaan! Ek het nou skoon hoendervleis .. erg trots op jou!

    Keep it real .. ALWAYS! xx

  5. Nooit te laat vir gelukwensinge nie! Baie, baie geluk, man! Dis mos hoe dit gedoen word. Soos Elfie sê: erg trots op jou!

  6. In varsity word jy ‘n her toegestaan. Die dag as jy dokter is word dit begrawe 😉

Lewer kommentaar op ELF Kanselleer antwoord