deurmekaar

jy dink dis okay
die ek en die jy
die dinge wat gebeur
die dinge wat jy my leer.
as als dan okay is
die ek en die jy
waarom die trane
waarom die amper verby
jy dink jys okay
jy dink eks okay
ek dink jys okay’
ek is nie okay nie
en daarom sal ek nooit kan se dis verby nie.

3 Responses to “deurmekaar”

  1. Twee mense is nooit verby nie. Om ‘n mens te leer ken, is om ‘n deel van daardie mens se siel vir vir altyd saam met jou te dra, soos daardie mens ‘n deel van jou siel met hom/haar saamdra. Dis net nooit verby nie. Dit verander net. Net manman se eie dood, vir altyd DOOD, breek die sirkel. En daai DOOD issie wanneer manman se laaste asem ruimte in uitgeblaas word by die einde van hierie lewe nie.

  2. Ek wonder soms of ek nog kan onthou hoe voel okay ..

    Twee mense is seker nooit verby nie. Maar hoekom voel die ander een se weg-wees soms soos daai einste dood .. asof mens jou eie siel saam die ander een verloor het?

  3. waternimf Says:

    mens moet okay wees in jouself, alles in die lewe beweeg in fases, ook verhoudings met geliefdes, treasure altyd die mooi memories, daar is tye van saamwees, alleenwees is wat oorbly en tog…. nie eensaam nie, als wat gebeur het is deel van mens en tog is die nou wat saakmaak…die soeke na diep vrede binne jou, die vrede maak met diep verlange, dan hoef ouderdom nie die afdraend van die dag te wees nie, maar die lente van jou lewe, diep bewuswording van my innerlike self, sterkte, la dolce vita en die liefde in die lug om jou… asem haal en om asem te haal is lewe…. om diep diep asem te kan haal

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: