springmielies issie popcorn nie!

By die Bp garage koop jy vir my tnt

(want shell het nie die lekker soort gehad nie)

en  gaan kyk ons muvi by jou

maar peanut, hoe het die popcorn half verbrand

in die asblik beland?!

 

Die 2de keer leer ons, ons les

ry plaza toe om popcorn te koop

fliek popcorn issie beste

maar toe maak ek ‘n  fout

en gooi ‘n moerse groot klomp sout!

 

Hatfield plaza, Babylon AD

popcorn koop

en vinnig hardloop viri fliek!

Maar toggie tog hoe moes ek weet

barbeque spices

maak jou popcorn pienk?!

 

Menlyn, ja, dis kwaliteit

hulle popcorn maak mos ‘n kraakgeluid.

Koop 2bokse

reg om te spice

en wat…ag fok

die salt and viniger

“is out of stock”

Al die spice is op

sal maar die arme pitte

met aromat moet looi

en dan die mense voor my met dit gooi!

 

nee wat tjom,

ons is gecurse

tevergeefs sal ek maar trugdink aan die dae

toe ek nog vir ‘n regular kon vra…

2 Responses to “springmielies issie popcorn nie!”

  1. Ek gaan Liefie hierdie gedig laat lees. Hy hou ook maar net van die “regular”!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: