‘n camel op kameel
Sy rook ‘n camel op kameel
en sien hoe die tyd se drentelstap
haar hartjie steel.
Stuk vir stuk begin die mure kraak
en die vergete drome kom neem meteens hul wraak.
Twyfel verkrummel in die wind
en waai weg soos die stof
in die stofpad na kameel
word haar hartjie stadig weggesteel.
Die toekoms is ‘n son
‘n ster, ‘n bol lig wat lag
en word ‘n lewe vol drome van ‘n
helder sonne dag.
Die camel, stompie op die grond
uitgebrand en flou
word wakker saam die vlaktes
waterspatsels, oggenddou.
Die mure nou gekraak
deur son se strale hoog
diep hier in haar hartjie, smekend
maak sy ‘n plekkie…
vir kameel.
Advertisements
Februarie 20, 2012 at 3:59 nm
ek is baie mooi 🙂