kleinsus

Hulle het gedink sy grap net toe sy se dis te erg

hulle het vir haar gelag toe sy haar oe uit tjank

sy is mos net kleinsus

sy is mos net ‘n baby

hulle het gedink sy weet sy is ook deel

hulle het gedink sy sal eendag ook inpas

maar sy is mos nog ‘n baby

hulle het gedink die stilte is net moeg

en besig en normaal

hulle het gedink sy is ok soos altyd

hulle het hul geld geniet

en hul lewens en hul dinge

sy is saam en het gekyk

hulle het gedink sy wou

hulle het baie gedink

maar niks verstaan 

niks gehoor

 

hulle het nie geluister nie

 

elke aand nie die trane gehoor nie

nie die bloed gesien nie

nie die krummels sien val nie

sy is mos die baby

 

hulle het nie gesien nie

en nou

nou is dit te laat.

One Response to “kleinsus”

  1. Hoekom is dit vir sommige mense so moeilik om ‘n meisiekie ernstig op te neem? Hoe kan mense so blind wees? Hoekom is daar so min mense wat regtig loop staan en luister. Hoveel mense stop regtig by die dierttuin om die hartseer in die diere se oë te sien? Almal is so behep met hulself. Dankie Here vir mense soos Semisoet. God seën haar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: