of is dit nou net ek?
ek is nietig klein en
niks anders as ‘n skewe beeld
van ‘n eens volmaakte droom.
Die droom van ons kleintyd
wat ek stap-vir-stap in die wolke bereik.
Die droom van ons geluk
en alles wat my gelukkig maak
kon ek op pak en in my skooltas druk.
‘n bracelet, ‘n blom, my pop en haar pram
Haar naam was Lisa
en SY het verstaan
maar nou is als verlore
die pram le stukkend
soos my hart se stukke krummels seerkry
deur die trane weggespoel.
Nietig staan ek daar
en almal is tog so kwaad vir mekaar
en die nou se skewe beeld
is donker en verspoel
en hier staan ek in die reen
tog so doelloos sonder Lisa
so doelloos in die reen, alleen.
Advertisements
Lewer kommentaar