boeliebeef en blikke

Het vandag ‘n preek geluister (dankie ds Attie!) oor boelies.

Skoolboelies wat die lewe bitter moeilik maak vir baie kinders. Ek het nou bietjie gedink en kan nie regtig se dat ek ooit uitermatig geboelie was op skool nie.

en ook gedink dat ek nie regtig self ‘n boelie was op skool nie.

En toe dink ek ‘n bietjie verder….kan jy jou eie boelie ook wees? en is dit ‘n slegte ding?

Ek is nog altyd my eie grootste kritici. Ek stel baie hoe standaarde vir myself en ja, soms moet ek myself ‘boelie’ om dit te bereik. As die lewe goed gaan is dit maklik om jouself te push…daai ekstra myl in te sit. Maar wanneer dit begin om sleg te gaan…dan raak dit ‘n probleem.

Dit is dan dat ek ‘n regte boelie is.

En juis dan wanneer ek geboelie word!

Ek dink om jouself te boelie is goed en sleg. Hang af hoe hard jy slaan?!

gelukkig slaan ek soos ‘n meisie…en eks damn trots daarop!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: