semisoet

Jy klop warm hier by my, as ek so na jou wasem staar. St Anna in jopu asem en bobotie in die lug. As die aand te langtand wag vir die son se gloed en die liefde en die mense om te groet. Dan kyk jy stukkend na my en streel patrone op my rug. Dit kielie as jy lag en jou krulbos sag oor my gesig fluister. Dan onthou ek hoekom ek hier is. Hoekom jy ver was.

 

As als donker is en net my liggie vir my en vir jou loer en net jou oe die lig weerkaats en net jou voete die donker pad se dorings mis trap en my lei.

Jy weet mos en ek raai maar ek ken die antwoorde van laas nag se droom oor jou.

 

Die see spoel oor die foute. Die sand skaaf als tot niks. Die maan gluur en die wind dans sirkels om die feite en die false beloftes op jou tong. Jou woorde gooi messe en sny die doudruppels van die nuwe dag. Bring die nag se nag se seer na more. Gister se verlede pyn na vore om weereens bloed en water uit my hande te trek.

 

Maar die wit glim van jou lag eggo deur my, reg deur my en dan klim ek weer die kranse van die tyd tussen jou en my uit. As die stofpad hoes hoes vir die duiwe en die klonte koes.

 

My bloed kook dik in die pot en die sout slaan neer op die droe tong van die liefdeskind. Kinders van die wind kom kaalvoet uit die as en sukkel voort na hul reg op bestaan, opsoek na hul stemme en ore om te hoor. Net die wind sal luiter en die uitsoek ster doer ver in die donker. En die hulp is verlangs vreemd en nietig in die groot gat van swart. Die bloed in die pot borrel oor en smaak bitter.

 

Semisoet en sag op die tong soos die st. Anna in jou asem…

One Response to “semisoet”

  1. Dit stem my onrusbarend maar dit is so goed gese semisoet!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: