Kom ons drink op die een

Kom ons klap hande vir die een wat probeer

wat elke dag opstaan

al maak die lewe net seer.

Kom ons neem ‘n oomblik

vir die een wat nog try

om sense te maak van die wind en van die wolke

en die donnerse lawaai.

Kom ons staan op

vir die een wat elke dag

haar hartseer wegsteek

en fake, maar tog glimlag.

Kom ons maak geraas

oor die een wat nog glo

in liefde en vrede

op goeie tye soos lanklaas.

Kom gee ‘n handdruk vir haar

wat nog sing wat nog dans in die reen

al is sy alleen.

Kom soen op die wang sy wat

hier staan en sense maak van die swart

die pikswart wentelbaan.

Hier is die een wat saans nog kan slaap

en in haar drome, soms nog haar ou

self kan na-aap.

Verkondig dit hard dat die een

nog kan cope

met die random crap met die tou om haar nek.

die een wat steeds weet

wat haar eie leuens kan opvreet

en haarself kan convince

sy sal eendag kan vergeet.

Kom ons drink op die een

wat oorleef

elke dag, nog ‘n dag, nog ‘n donnerse

dag oorleef.

Kom ons kyk hoe lank nog

voor die bom in haar gesig ontplof.

One Response to “Kom ons drink op die een”

  1. Treffend!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: