tippex vlek op my wang

As ek jou kon vergeet

al die pyn wat jy bring

al die herinneringe wat my alweer binnedring

kon jy maar net weet jou stilte maak seer

en ek kan nie onthou

en ek kan nie langer die donker beheer.

as ons nooit gebeur het nie

as ek jou kan verwyder

en op ‘n manier die verlede uit die hede kan toor

maar jou woorde is rots

jou soene was hemel

en alles van jou is geanker in my.

as ek maar net kan vergeet

jou kan uitvee

 

maar tippex maak vlekke…en dit skyn deur.

One Response to “tippex vlek op my wang”

  1. Toema, Hartjie. Los maar die TippEx. later sal jy weer wil terugkom en dit weer wil lees. So met die jare sal dit self verblyk tot die dag waneer jy dit nie meer sal kan ontsyfer nie. Maar dan sal jy ander blaaie lees of nuwes skryf. Koester maar die mooi herhinneringe terwyl dit vars geskryf staan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: