haai toe sien ek die lig..

‘n Pessimus? Iemand wat nie verbaas sal wees as ‘n voel op hom dinges nie.

‘n Optimus? Iemand wat hulself nog uit die bed kan sleep.

ek????

Ek het nou so gewonder oor die saak…ek was altyd ‘n baie positiewe skepping. Dit is mos maklik om gesond en vrolik en vriendelik te wees. Mense hou van jou en jy hou van mense en onderwysers en professors like jou kwaai. en dan kom jy redelik iewers…of so het ek gedink…

Want toe kom die universittie nou en maal my heel deurmekaar. Sien hier is ek in die koshuis, my gewone vriendelike skepsel EN HET EK MY GAT GESIEN! Sien, gou moes ek besef dat om iewers te kom moet jy soontoe gaan…as jy by die deur wil inkom moet jy stamp en stoot en oe en a want niemand gaan hom vir jou oophou soos my ma my geleer het (en ek nog so ewe gedoen het nie)

En nou het ek so gewonder…optimus? iemand wat glo mense is goed, al wys hul dit bittermin..

Ek is steeds ‘n optimus.

Soms, meer dikwels(miskien te dikwels as wat goed is vir my?) dwaal ek in die pessimistiese onderwereld en dan like ek die donker niks om my. Maar die Here ruk jou weer uit..altyd. Trek jou gat uit jou hol dat jy moet asemhaal.🙂

So ekke gaan maar more uit die bed klim en onder die boom sit..en hoop die voel dinges my mis- die keer!

cheers

3 Responses to “haai toe sien ek die lig..”

  1. Ah ha! Maar ek kan jou guarantee dat die voeltjie nie gaan saamwerk nie, hehehehe

  2. Dis ‘n lekker lees post Semisoet.!

  3. Dankie. Ek het nou vrydag op kampus onder n boom gesit en n muffin eet en toe val die voel se ‘middagete’ langs my. Dit het my geinspireer vir die stukkie. Ek was nogals verbaas dat sy ‘mus’ my gemis het!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: