net ‘n toebroodjie en ‘n Samurai swaard

tata my kind, my liefie. Jy moet ‘n lekker dag he by die skool, soet wees..Ag Albert…moenie jou toebroodjies vergeet nie! baai ma lief vir jou ook.Ag &**9! Kobus jy weet daar is nie geld nie nou wil jy nog skoolgaan ook jy weet dis tydmors jy is ‘n nikswerd nes jou pa. Jy gaan niks bereik nie en jy eet nie weer al die kos op nie. Hoor jy my, %$## off!

Albert en Kobus is in dieselfde skool, hulle altwee doen dieselfde goed, luister musiek, check die girls uit, rook skelm agter die pawiljoene.
maar vandag is ‘n ander dag. Hy is verveeld, sy ouers pis hom af en die skoolwerk raak teveel. ‘n bietjie excitement is wat hy soek.

Wat sal hy aanvang? Die nuutste CD wat hy luister is sooo cool, miskien kan hy soos hulle maak en soos hulle wees. Ok, besluit hy.

Hy het ‘n Samurai swaard. Hy wonder of dit werk. Hy wonder of dit werklik ‘n man se keel kan sny. Hy wonder…en hy is verveeld…en sy ouers pis hom af…en die nuwe CD wat hy luister…

Jaco het verlede week die girl wat hy ge’eye” het by die sokkie gevat.Hy kan die swaard op Jaco toets. Ja eerste pouse…

Albert se ma maak die lekkerste toebies elke dag.Sy is so besorgd oor hom ,tog so beskermend. Dit pis hom af.Kan die vrou hom nie uitlos nie?
Kobus hulle het nie kos nie, sy pa het ‘n drank probleem en sy ma is al pers geslaan.Hy moes maar leer ‘deal ‘ het nie regtig ‘n keuse nie.

Kobus is vol bloed en kyk met trane in sy oe.

staan en kyk hoe die polisie met Albert wegry…Wie sou kon dink?

al wat oorbly is sy ma se toebroodjies en die samurai swaard.
VOL BLOED.

3 Responses to “net ‘n toebroodjie en ‘n Samurai swaard”

  1. Semisoet. Jy het met jou verhaaltjie gekom en my diep aangeraak. Daar is so min mense wat in die kind se gedagtes in sal dink. Ek gaan jou grootste fan raak, watch my!

  2. dankie harrylouw. Ek het maar net gewonder..bittermin ouers is bewus wat in hul kinders se lewens aangaan. (se ek as kind nie as ouer nie!!!!)

  3. Semisoet – mooi gesê. Lekker om te sien jy het jou eie blog. EK het nie eers geweet nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: