Studente spesiaal

 

…nee ek het nie pms nie
ek is net ‘n natural bitchmy ass is een size groter
en ek dink (en drink) ‘n bietjie meer
dis al wat sal help om die moodswings te beheer
die lewe piss my af net soos jy
as jy jou maandelikse allowance by pappa lief kry..
Jou kleuterskool rigting laat my saggies lag
of wag maybe was dit toe nie so sag.
in die aande voor ek slaap
lag ek hardop vir jou gekerm oor jou swottings
ag tog poplap
vir jou gaan die lewe nog hard klap.
en jy met jou lewe daar in potch
wat soek jy daar
dis even worse as ek
hier waar ek elke dag net verder vrek.
kom ek sing ‘n song
vir jou my lief
kom sing tog saam
by springboks kareoke op ‘n dinsdag..
maar springboks’ word gesue
want hul lawaai mos gans te hard
vir arme poppie wat in haar koshuis kamer sit en swot
yeah right
waar was jy gisteraand
weet jou ma jy slaap rond en bont
sleep jou panty deur die grond?

Maar kom ons wees nou eerlik
wie is dan nou eintlik happy hier?
ons besef net elke dag watter messed up
Suid-Afrika vir die screwed up generasie wag.
Kom ons drink ‘n glasie
‘n groot sensasie
Mandela word nou oud
en die peoples kom in opstand
en die olympic games is op ons
kom ons drink maar nog ‘n glasie en kyk ‘n bietjie sport
en vergeet van die land op sy laaste life support.

ja my ass is ‘n size groter
en Mc’Donalds om die draai
en elke aand sorg Springboks’
vir ‘n moerse groot lawaai
want die studente swot hul koppe af
en hul val hul asses nerf af
en woensdae in die beeld word Zuma weereens nie gestraf.

dan drink jy maar ‘n red bull
en wens ook jy kon vlieg
maar die tv het gelieg
die tv het bedrieg
hier sit jy steeds op jou gat..

sit op jou gat
en lag
 
 

 

One Response to “Studente spesiaal”

  1. Ek het nie woorde om jou lieflike gedigte te beskryf nie Semisoet! Studente Spesiaal voer my terug na my studente dae in Pretoria. Ek is so bang dat my kommentaar banaal sal klink. Ek lees van jou hartseer en jou verlange in jou gedigte. Dis baie intens. Dis om soos “moer” in die Grote Kerk te prewel. Al wat ek kan se is. Ek wens dit was ek wat so kon skryf. Hou so aan!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: