na-nag

Dan sms jy my. 2uur in die nag. as net ek en jy nog wakker le en worstel oor die kleur van die reenboog wat missing is of die regte rede ooit sal uitkom
en of enige iets ooit sal sin maak.
Dan sms jy my. diep in die nag. en ons worstel saam oor die onsin van die dag. en die crap van daardie nag. en die lank vergete lag wat jou gesig lankal nie meer ken nie.
Dan sms jy my en ek verstaan nie en jy verstaan dit nie en saam verstaan ons niks, maar tog dink ons oor die liefde en die donker van die tye en die doel van al die bloed en die stemme van die see.
Dan sms jy my van al die kinders wat jy uitspoeg en verlore daar bly le, al die kommer wat jy nie voel nie, die warmte wat jy nooit geken het nie. jy bedoel niks ek bedoel elke woord. en ek is onstel en jy maak my seer.
Dan sms jy my en jy se te min.altyd te min. en ek se teveel. altyd teveel.

maar dan sms jy my
en ek reply.

Een Reaksie to “na-nag”

  1. xxbloodbunnyxx Says:

    En dan huil ek in my skoen. Lobsters. Glo dit.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.