my klou vas engel
As jy geweet het engel
sou jy my gese het?
of sal jy stilbly en kyk, stil, aanhou kyk
vir my met al my foute
die ou gewone seer en die nuwes
wat laag op laag
pak op my?
sou jy kon raai?
As ek wegraak sal jy kon
weet waar ek is
waar ek verdwaal en hoe
om my terug te lok na jou
en die ewige woorde
sou ek kon vashou, vasklou
of sal jou arms my laat glip
moed opgee en los?
Sal jy kan weet ek het jou lief
al is my hart op ‘n ander plek.
Junie 30, 2009 at 2:35 vm
‘… om my terug te lok en die ewige woorde…” – kry Ding sommer klaar kraplappie in sy nek … en daar is nog ‘n hemp in sy moer in. Dankie. Nou voel Ding amper beter. Maar ja, solank manman onthou om dan ook net in woorde lief te hê, sien jy.